Geroep tot diens


Teks: Johannes 13: 1-17
 
Ons wonder soms wat ons kan en moet doen as Christene. Paulus beskryf ons rol as volgelinge van Christus op verskeie maniere. Hy beskryf homself en elkeen wat Christus volg as diensknegte, of slawe verbind tot God (Romeine 1 en 1 Timoteus 1) in woord en daad Hy noem ons ook rentmeesters (1 Korintiërs 4) wat die Here eerlik en getrou moet dien. Verder beskryf Paulus homself en elkeen wat in diens van Christus staan as bouers of boere (1 Korintiërs 3) wat ander help om te bou of te groei in geloof; asook soldate (1 Timoteus 6 en 2 Timoteus 4) wat die Waarheid en Koninkryk van God beskerm.
 
Die mooiste beeld van diens aan God is dissipelskap. Om ‘n dissipel te wees beteken om in ons Meester se voetspore te volg. Hoe kan ons in Jesus, ons Here, se voetspore volg?

In Johannes 13 lees ons hoe Jesus die dissipels se voete was. Die Here wat hemel en aarde gemaak het, het na die aarde gekom om elkeen wat in Hom glo te dien.

Diens aan mekaar, is diens aan God en Christus. Selfs in die kleinste sake – soos voete was, woorde van waarheid, of vergifnis en hoop – is ons in diens aan ons Here.
 
Geseënde week.
Andre







Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...