Wat ander sien


Teks: Matteus 5:16 – "Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Wat dink jy wanneer jy in die spieël kyk? Wat sien ander wanneer hulle na jou lewe kyk? Wanneer God na sy kinders se spieël-beeld kyk, sien Hy die kerk?

Gelowiges is die beeld van die kerk in die wêreld. Die wyse waarop Christene optree is die wyse waarop die kerk optree. As Christene selfsugtig en onsigbaar begin leef, sien die mense nie meer die kerk van Christus nie.
 
Die teoloog Dietrich Bonhoeffer het eenmaal gesê: ‘n Onsigbare kerk het sy roeping versaak. ‘n Kerk wat wegkruip, wat om homself draai, het opgehou om Christus te volg.

Wie Jesus volg kan nooit selfgerig of onsigbaar wees nie. Ons optrede moet die lig op God laat val. As God se eer jou passie is, sal jou beeld die wêreld so verlig dat ander God kan raaksien.
 
Andrè






Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...