Tuis in die Huis van die Here.
Teks: Psalm 23
Ons wonder soms wat dit beteken om by God tuis te kom. Psalm 23 sê die volgende –
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Ons reis na God, begin by God. Ons moet Hom erken en aanvaar as Herder. Ons kan vertrou dat hy in ons behoeftes sal voorsien; en ons sal beskerm wanneer nodig. Daarom is dit noodsaaklik vir jou en my om voortdurend in die huis van die Here te bly.
Spandeer tyd in Sy Woord, erediens en gemeente.
Andre
Gebed:
Here, lei my in U weë tot in lengte van dae. Amen.
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|