Hemel op aarde vir God 

 
Christene moet bid en spit. Geloof verg kennis, woorde en dade.
 
Wanneer ons die “Onse Vader” -gebed bid, meld ons aan vir diens in God se Koninkryk. Ons kan nie die uitdagings van ’n bloeiende wêreld rondom ons systap of vermy nie. Ons sit nie passief en wag op die hemel nie; ons bevind ons nie eenkant in die een of ander kerklike wagkamer nie; ons kan nie wegkruip van die lewe en sy uitdagings nie.
 
In stede, maak ons hande vuil met die seer en swaar van die lewe. Ons laai ander se laste op ons skouers. Ons trotseer ons eie reuse en dieptes. Alles omdat ons God ken en op ons Vader vertrou – Laat U wil geskied.
 
Oswald Chambers het geskryf: "We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties."

                               (gedeeltelike erkenning aan Prof. Stephan Joubert)

Andrè

 



Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...