Klip en Vleis

                                                   
Teks: Handelinge 17:24
 
Goeie more . . . ,
 
Berge is klipformasies wat tot in die hemelruim troon, en terselfdertyd getuig van ‘n selfs groter voet-anker wat onsigbaar is vir die menslik oog. Klippe is die fondament van hierdie aarde.
Mense beskryf klippe met woorde soos koud, swaar, oud, hard, solied, ondeurdringbaar, leweloos, gevoelloos en dood, alhoewel ons elkeen dadelik sal erken dat klippe en stene baie nuttig is en kan wees. Die kastele van ouds was gebou uit klip vanweë die genoemde eienskappe; geboue en huise vandag word steeds gebou met stene vir dieselfde rede(s).
 
Soms dink mense God lewe in klip geboue. Tog is dit die een ding wat klippe nie kan doen nie. Die Israeliete het geglo dat God in die ark in die tempel woon, tog sê Handelinge 17:24 – “God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”. In die tyd van Esegiël word die tempel vernietig en gebruik God die geleentheid om deur die profeet Esegiël die mense te herinner dat Hy in die vlees leef.
 
In Johannes lees ons dat God self vlees geword het deur Sy Seun Jesus Christus. Hy het ook Sy Gees aan Sy kinders gegee om hulle in hul vleeslike bestaan by te staan. Hy is werklik Immanuel – God met ons.
 
Geseënde week en sien uit om jou by die erediens te ontmoet om God te loof: 
André

 



Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...