God is Daar en Hier.
Die tempeldiens was ‘n integrale deel van die Joodse geloof in die Ou Testament. Daar is geglo dat God in die Allerhoogste deel van die tempel in die Ark van die verbond teenwoordig was. Gevolglik het die priesters “toegang” tot God in stappe opgedeel, om God en mens uitmekaar te hou, want hul het geglo dat hulle sekerlik sou sterf in die aangesig van die Almagtige. God was gevaarlik, en al het hulle probeer om goed te wees, kon hulle nooit seker wees hoe God hulle sou ontvang nie. Dus God was altyd daar.
Tog is daar ‘n paar 'begaafde siele' in die Bybel wat anders oor God gedink het. Abraham, Moses, Daniël en Dawid het almal uitgepluis dat God werklik net belangstel in geloof, vertroue en liefde. Gehoorsaamheid was ook goed, maar geloof, vertroue en liefde het eerste gekom. Deur hierdie sake deel van hulle lewe te maak, staan Hy hulle by in hulle donkerste nood.
In geloof is God terselfdertyd daar en hier.
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
Wese van goeie dade | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
Wees voorbereid | Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê.
More ...
|
|
| |
|