Wanneer die pad steil raak...


Hierdie week begin ons die tweede deel van Lydenstyd. Dit is asof Jesus se bediening intensifiseer op Sy lydensreis, na die kruis op Golgota. Dit laat ons soms wonder: Hoe voel God oor lyding?
 
Dr Annes Nel skryf- God is teen lyding. Dit word duidelik uit die bediening en versoeningswerk van Christus. Jesus se bediening het bestaan uit prediking en wonders waardeur Hy mense se lewenskwaliteit verbeter het.

Sy versoeningswerk toon dat God gekant is teen die dood en hartseer wat daar vanweë die sonde is. Deur Christus se dood versoen Hy die sonde wat Hy nie veroorsaak het nie. Deur Sy opstanding oorwin Hy die dood wat nie deel van God se goeie skepping was nie.
 
Wanneer die pad steil raak, laat ons saam met God die stryd teen lyding aanpak. Laat ons bid. Laat ons mekaar ondersteun. Laat ons God se hart en liefde met hierdie lydende wêreld deel.


Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...