Ons behoefte aan 'konneksie' met ons kinders.



God wys nie kinders aan instansies, groepe of skole toe nie. God vertrou kinders aan ouers toe.
                                                                                                  - Yvette Otto

Wanneer jy iets aan iemand toevertrou, beteken dit dat jy daardie item met vertroue aan die sorg van ‘n spesifieke en gekose persoon opdra. Wanneer God Sy kinders aan ouers toevertrou, dra Hy hulle aan ouers se sorg op as rentmeesters vir Hom. Ons kinders is God se kinders. Dit is ons primêre taak om hierdie waarheid aan ons kinders oor te dra met woorde en dade.
 
Kinders se verwagting en behoeftes verskil radikaal van volwassenes. Navorsing het getoon dat die belangrikste behoeftes van kinders is, liefde, geduld, vertroue, aanmoediging, sekuriteit, lag, grense, erkenning, opvoeding en ‘n veilige tuiste. Ons kinders het ‘n anker en rigtingwyser nodig om hul van vroeg af op-koers te plaas. Spreuke 22:6 sê “Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,  en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.”

Martin Luther het hiervan getuig toe hy ’n aanslag op sy geloof beleef het – hy het ‘n passer geneem en oor sy tafel uitgekrap: “Ek is gedoop!” God is verbind aan ons en ons kinders van ons eerste oomblik af.
 
Kyk na jou kind deur God se oë en sien Hom in hulle. Leer en wys jou kind die waarde en waarheid van God se liefde, geduld, vertroue, aanmoediging, sekuriteit, vreugde, grense, erkenning, opvoeding en ‘n veilige tuiste.
 
Seënwense,
Andre

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...