God is hier teenwoordig


Teks: 1 Korintiërs 3:16-17

"Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle."
 
Baie van ons se eerste kennismaking met die tempel van God was alreeds op ‘n vroeë ouderdom. Ons het geleer dat dit ‘n teken was van God se teenwoordigheid. Die kerk is daarom vir ons ‘n baken – dat God hier teenwoordig is.
 
Paulus skryf in 1 Korintiërs 3 dat die menslike liggaam die tempel van die Here is. God is teenwoordig in elke gelowige deur Sy Heilige Gees wat in ons woon. Almal saam is die tempel van die Here. Die tempel se fondament is die liefde van Christus. As gelowiges is ons dus saam in die gemeenskap van God.
 
Ek wil jou oproep om in hierdie eenheid uit te reik na jou gemeenskap.  Gaan wees die Here se invloed waar jy leef en werk, begin in jou eie huis.

Mag die resultaat wees soos Lied 159 dit sing:

God is hier teenwoordig, laat ons biddend nader, daar waar jy (ons) voor Hom vergader.
 
Geseënde week.
Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...