Life is about using the whole box of crayons.

 Op skool het ek baie spaarsamig met my Faber-inkleur-potlode gewerk. Dit was ‘n duur stel van 24 verskillende kleure; en dit was ‘n Kersgeskenk van my ouers. Hoe versigtig ek ookal was, was dit onafwendbaar om sekere kleure meer te gebruik as ander. Met die gevolg sekere kleure was baie min gebruik.
 
Ons lewens is ook so. Ons is gemaklik om sekere aspekte uit te leef, met die gevolg dat van ons lewens-kleure basies nooit gebruik word nie. Dit is baie keer dan ook ironies, dat ons die sake wat die belangrikste vir ons is, wegsteek en nie gebruik nie vanweë vrees vir seerkry en verwerping.
 
Soms is dit ook so met ons geloof. Ons is spaarsamig om God se geskenk van liefde en vergifnis te deel. Ons gebruik ons “geloofs-kryte en kleure” gereserveerd omdat ons skrikkerig is vir “wat ander mense sal dink en sê. Daniël en sy vriende was gered omdat hulle hul geloofs-kleure gewys het sonder skaamte. Job was deur God ondersteun omdat hy sy geloofs-kryte geken en gebruik het. Dawid was nooit skaam om al sy kryte en kleure te gebruik om tot God te nader nie – van skuld-erkentenis en klaagliedere tot lofprysing en dank.
 
Dit gaan tans baie moeilik en swaar in Suid-Afrika. Komende Sondag wil ons, ons gebeds-kryt gebruik om vir ons Geliefdes en die land kleur toe te bid. Ek wil jou uitnooi om tussen 20:00 en 21:00 saam ons Gemeente te bid vir Suid-Afrika. Jy kan dit by jou huis doen. Jy kan saam met jou vriende en familie bid.
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...