Brave Heart


Die 1995 film van Mel Gibson – Braveheart – vertel die verhaal van Skotland se stryd vir onafhanklikheid van Engeland in die 13de en 14de eeu. Dit is die verhaal van William Wallace se lewe en agterdrond wat gelei het tot sy beginselvaste liefde en oortuiging dat die Skotte ‘n lewe van Vryheid verdien. So staan hulle dan saam met durf en daad om die magtige Engelse leermag teen staan en eindelik te oorwin.
 
In Johannes 8:31-32 sê Jesus vir gelowiges: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels;  [32] en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” In hierdie gedeelte wil Jesus sê dat ons geloof moet uitvloei in ‘n intieme oortuiging dat God se waarheid en vryheid vir ons elkeen bedoel is. Daar is verskeie sake en mense in hierdie wêreld wat ons anders wil oortuig, maar gelowiges moet mekaar bystaan om die leermag van die bose te oorwin.
 
Komende Sondag gaan ons preek hierby aansluit om te kyk na ons reis as gelowiges in ‘n 'post' moderne samelewing. Ek wil jou uitnooi om saam te kom luister en die waarheid te hoor oor hoe “Elkeen wat sy lewe probeer behou, dit sal verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” (Lukas 17:33).
 
Geseënde week en sien jou komende Sondag by Huiskerk.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...