Hemelvaart.

 
Vandag is 39 dae sedert Jesus se opstanding uit die dood.  Vandag is die laaste dag waarop Sy dissipels Hom by hulle sou hê. Vandag het Jesus die opdrag  gegee aan elkeen wat glo. Vandag is die dag van Jesus Christus se Hemelvaart.

Op hierdie dag het Jesus opgevaar na die hemel. Hy het na die Vader gegaan om vir elkeen wat in Hom glo plek gereed te maak in ons hemelse Vader se woning. ‘n Belofte en vooruitsig waaraan ons kan vashou en verseker van  kan wees.
 
Handelinge 1 beskryf hoe die dissipels stip na die hemel gekyk het; en hoe twee mans in wit klere bevestig het dat die Verlosser weer sal kom. Die evangelies beskryf hoe die Jesus se volgelinge Hom aanbid het as die Seun van God en Sy opdrag aanvaar en op geneem het.

Jesus se opdrag is aan elke gelowige gerig. Ek en jy is getaak om in die dissipels se voetspore te volg en God se liefde te leef. “Julle is getuies van hierdie dinge. En Ek sal die gawe wat My Vader beloof het, vir julle stuur”. Jesus se hemelvaart is ‘n hernuwing van elke gelowige se pad saam met die Here.
 
Kom luister gerus verder hierdie komende Sondag by Huiskerk.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...