Rein van hart.

 Teks: Matteus 5:1-12
 
In Matteus 5:8 lees ons “Geseënd is die wat rein van hart is”. Wat beteken dit om rein van hart te wees? Is dit moontlik vir gewone gelowiges om rein te leef? Of is dit net Christus wat ‘n rein lewe kon lei?
 
Jesus het, te midde van ‘n lewe gevul met dorings, ‘n rein lewe geleef. Sy lewe het gespreek van die regverdigheid, liefde en vergifnis van God. Sy voetspore was juis om die dissipels en gelowiges na ‘n rein lewe te lei. Christus se opstanding en Gees bring aan ons die opdrag om ‘n lewe te leef wat van God getuig.
 
Die Deense filosoof-teoloog Kierkegaard sê dat Christene mense is wat rein van hart is, omdat hulle lewe op een saak gefokus is (Purity of heart is to will one thing). Rein harte beteken nie om sonder sonde te wees nie. Om rein van hart te wees beteken dat ons gedagtes en lewe gefokus sal wees op die koninkryk en die wil van God – Matt 6:33 (Dr. Annes Nel).
 
‘n Rein hart is die styl van ‘n Christen lewe. Dit is die lewe waartoe God ons roep. Die Heilige Gees is met ons om elke dag aan te pak in die heilige Naam van God; om elke doring te oorwin en te deurstaan in die Naam van Christus. ‘n Rein hart is om afstand te doen van my eie koninkrykie en selfsug, en om daar waar ons leef die voorbeeld van Jesus Christus te volg.
 
Gebed: Heilige Gees, werk in my hart om voortdurend op God se saak gefokus te bly.
 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...