Die hoop van 'n Moeder



In Genesis skep God die vrou saam met Adam om te heers oor die skepping. Die opdrag aan hulle: gaan bewerk en bewoon die aarde, dit het ons wêreld en lewens gevorm soos dit vandag is. Moeders is ‘n groot deel van die rede hoekom ons hier is en hoekom ons is wie ons is.
 
Die rol van ‘n Moeder is kompleks. Dit lei ‘n kind vanaf algehele afhanklikheid na onafhanklike volwassenheid, alhoewel ‘n Ma steeds daardie baba in haar arms sien. Die oë van ‘n Moeder kyk anders, want dit sien die beste in elkeen van haar kinders te spyte van hul foute en tekortkominge. "Die liefde van ‘n Moeder is soos die weduwee se kruik wat vol bly al sou sy dit gebruik" (Lucas Maree).
 

‘n Aanhaling wat ek onlangs op die internet raakgelees het sê: "God could not be everywhere, and therefore He made Mothers…Youth fades; love droops; the leaves of friendship fall; but a Mother's secret hope outlives them all." Dit laat 'n mens dink…’n Moeder se liefde is soos, 1Korintiërs13 bekryf:  "Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles."
 

Gebed: 
Here, Dankie vir die vroue in ons lewe. Dankie vir my Moeder. Seën haar vrygewige gees. Bewaar haar liefdevolle hart. Hou haar naby aan U ten alle tye. Skenk aan elke vrou in my lewe U vrede.

Amen.
 
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...