TYD


Tyd is beperk. Tyd is kosbaar. Tog is tyd net aan ons geleen en het ons geen beheer daaroor nie.
 
Die Bybel verwys op verskeie plekke na tyd. Die woorde van Jakobus 4:13-14 het menigte gelowiges in 2020 diep getref:

"Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn."

Hoe waar het die woorde nie gevoel met tye nie? Hoe diep tref hierdie woorde tog nie steeds nie…?
 
Alles is tog nie verlore nie. God gee aan ons die tyd. Dit is belangrik om ook wyer te kyk.

Prediker 3 herinner ons dat daar ‘n tyd vir alles is –
 
   "Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

   Daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
   'n tyd om te plant,  'n tyd om plante uit te trek,

   'n tyd om te huil,  'n tyd om te lag,
   'n tyd om te treur,  'n tyd om van blydskap te dans,"

 
Hoe spandeer jy jou tyd? Wat is bo-aan jou prioriteitslys in 2021?
Mag die woorde van Prediker 3:11 en Jakobus 4:15 jou lei …

11 God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

 
Voorspoed vir jou reis saam God in 2021.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...