Betekenis van Jesus se geboorte


Kersfees laat ons soms wonder oor die noodsaaklikheid van Jesus se koms na die aarde.
 
Die betekenis van Jesus se koms word aangedui deur die woorde van die engel aan Josef: …"en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Matt 1:21). Die naam Jesus Christus verseker ons dat ons Verlosser gebore is en gekom het om elkeen wat in Hom glo te verlos van die sondedood. Jesus self bevestig dit wanneer Hy sê: "Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is."
 
Tydens hierdie Advent kry ons weer kans om te lees van God se liefde; en te luister na die verhaal van Jesus se koms. Mag die boodskap, lofprysing, krip en getuienis jou opnuut laat besef hoe belangrik die betekenis van Jesus se lewe vir jou is.
 
Kom reis oor die volgende maand saam met ons tot by die krip op Kersdag, beginnende by 6 Desember se Kerssangdiens om 09:30.

Andre

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...