Gee my gehoorsaamheid


1 Konings 3:4-15

Ons kan die lewe voor God nie op ons eie aanpak nie. Ons moet elke dag in biddende afhanklikheid van God leef. In die gedeelte word Salomo uitgenooi om van God se vrygewigheid gebruik te maak.

'Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee' (v5)? Dit klink soos Lukas 11:9: 'Vra en vir julle sal gegee word.'

God staan voor ons met vol hande. Wie in gebed voor God staan, staan voor die skatkamers van God.

Die gebed van Salomo is in meer as een opsig merkwaardig. Dit is ‘n kort, gevulde gebed. Dit bevat net een versoek: Gee my wysheid. As mens en koning vra Salomo net vir een ding – dat die Here hom gehoorsaam sal maak om sy tyd, geld en mag reg te gebruik.
 
Hoe staan ons voor die skatkamers van God? Waarvoor vra jy? Is ons bereid om God se antwoord te aanvaar?  Mag ons, ons ervaring en kennis met goeie oordeel toepas in gehoorsaam aan God se wil.
 
Sien jou Sondag by Huiskerk.
Andre

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...