Gebedskuier en belangrike inligting.

  
In ons moderne wêreld is gebed ‘n onderwerp wat baie mense laat wonder en spekuleer. Daar is baie vrae rondom gebed. Waarom moet ek bid?  Luister God na my gebede?  Sal Hy my gebede verhoor?  Is gebed ‘n vorm van meditasie?  Gedurende hierdie maand gaan ons saam ondersoek instel en stilstaan by GEBED.  Ek wil jou graag uitnooi na die volgende:
 

  • Vanaand, en elke Woensdagaand, tussen 20:00 en 21:00 het ons ‘n GEBEDSKUIER op ZOOM. Ek wil jou graag uitnooi om saam te kom kuier en bid. Die uur gaan basies bestaan uit: groet, studie, gemeente- en persoonlike gebed. Die skakel kan jy op die SA gemeente webwerf vind.
 
  • Elke Sondag se HUISKERK om 10:00 in jou huis. Ek wil jou uitnooi, maar ek wil jou ook vra om 5 ander mense uit te nooi om ‘saam te kom kuier’, rondom wat God se Woord ons leer oor hoe ons Hom ken en die rol van gebed daarin.
Soos genoem die afgelope Sondag, gaan ons die toepaslike skakels elke Sondag oggend per e-pos en WhatsApp uitstuur. Dit is ook beskikbaar op ons gemeente webwerf. So hou jou kommunikasie dop. Kry jouself en jou gesin gereed. Nooi nog mense om te deel in die liefde van ons Here.
 
  • Om ons weeklikse dagstukke, Bybel-lees-program en maandelikse nuusbrief eposse te gaan lees. Dit is gevul met kosbare skrywes en inligting wat een doel voor oë het – om jou geloof en jou verhouding met God te versterk.

 
Dit is my hoop en gebed dat die woorde van Johannes Calvyn by jou en my sal tuiskom...
Words fail to explain how necessary prayer is, and in how many ways the exercise of prayer is profitable. It is therefore by the benefit of prayer that we reach those riches which are laid up for us with the heavenly Father.”
 
Geseënde week en ek sien uit om jou meer gereeld te sien hierdie maand.
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...