Ewige God van die Woord


Ewige God van die Woord,
ons dank U uit die diepte van ons hart dat U,
ten spyte van u majesteit en heerlikheid,
die God is wat met ons 'n liefdestaal deur u Woord praat.
U Woord is soos 'n spieël wat die goeie en die slegte aan ons
openbaar; soos 'n venster wat aan ons 'n uitsig op die ewigheid gee;
soos 'n brief waarin ons Vader sy liefde teenoor ons uitstort
Wanneer ons in U Woord delf,
vind ons die goud van U liefde en genade.
U Woord bring ons by die Rots waarop ons hele lewe gebou is:
Jesus, ons Verlosser - die grootste geskenk wat U
aan 'n verloregaande wêreld gegee het.
En U Woord lei ons na Jesus, ons lewende Saligmaker, toe.
Ons loof en dank U, o God, dat U nie 'n swygende God is nie,
maar dat U deur U Woord in U taal van liefde met ons praat.

"Woord van God, Woord van die lewe,
Woord vir ewig vas en waar,
Woord onfeilbaar en verhewe
waarin God Hom openbaar!
Woord betroubaar, vas en waar
deur miskenning, deur gevaar
wat sou ons dan ooit laat bewe?
In dié Woord het ons die lewel"
(Lied 255:1).

 
Ons bid dit in die Naam van Jesus, die vleesgeworde Woord.
Amen.
 
(verwerkte gebed deur Solly Ozrovech:)

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...