Wie is die Here?


Ons kennis, verstaan en geloof in God is die fondament van ons lewens-huis.  Dit vorm die platform vir ‘n sinvolle lewe met rigting en doel. God help ons om elke steen en muur van ons lewe reg en goed te bou, want Hy is die rots wat ons benodig.

Om Sy plan vir ons lewe te ken, moet ons Hom ken. Kennis en ‘n verhouding met die Here is ‘n deurlopende wisselwerking tussen God en Sy kinders. Die Vader skenk liefde, genade en krag tot hierdie verhouding en ons luister en leef in gehoorsaamheid. Ons gehoorsaamheid word bepaal deur ons vertroue aan Sy stem – Sy Woord en Gees – wat ons lei.

God openbaar Hom op verskillende maniere aan mense.  Josef – in  sy drome. Moses – in ‘n brandende bos. Farao - deur die plae in Egipte. Dawid - deur die natuur. Maria en die herders - deur God se engele. Die wyse manne- deur die sterrehemel. Die dissipels en Israeliete - Jesus Christus die Seun. 

God openbaar Hom elke dag aan jou.  Hy doen dit op enige manier – deur Sy Woord; “beskerm engele”; die natuur; drome; wense; mense en gebed. Die vraag is: soek jy en luister jy…? Gaan lees Sy Woord! Gaan luister in gebed! Maak gereed om te antwoord…

Gebed:  Here, maak U wil aan my bekend. Leer my. Spreek tot my, want ek is u dienaar en ek wil luister.

Geseënde week!
Andre

GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:
Sondag 4 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 18 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2


Vorige Briewe 
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...