Gebedskuier en Belangrike Inligting

 
In ons moderne wêreld is gebed ‘n onderwerp wat baie mense laat wonder en spekuleer. Daar is baie vrae rondom gebed. Waarom moet ek bid?  Luister God na my gebede?  Sal Hy my gebede verhoor?  Is gebed ‘n vorm van meditasie?  Gedurende hierdie maand gaan ons saam ondersoek instel en stilstaan by GEBED.  Ek wil jou graag uitnooi na die volgende:
 
1. Vanaand, en elke Woensdagaand, tussen 20:00 en 21:00 het ons ‘n GEBEDSKUIER op ZOOM. Ek wil jou graag uitnooi om saam te kom kuier en te bid. Die uur gaan basies bestaan uit: groet, studie, gemeente en persoonlike gebed. Die skakel kan jy op die SA Gemeente webwerf vind.

2. Elke Sondag se HUISKERK om 10:00 in jou huis. Ek wil jou uitnooi, maar ek wil jou ook vra om 5 ander mense te nooi om ‘saam te kom kuier,’ rondom wat God se Woord ons leer oor hoe ons Hom ken en die rol van gebed daarin. Soos genoem die afgelope Sondag, gaan ons die toepaslike skakels elke Sondag oggend per epos en WhatsApp uitstuur. Dit is ook beskikbaar op ons gemeente webwerf. So hou jou kommunikasie dop. Kry jouself en gesin gereed. Nooi nog mense om te deel in die liefde van ons Here.
 
3. Om ons weeklikse dagstukke, Bybel-lees-program en maandelikse nuusbrief e-posse te gaan lees. Dit is gevul met kosbare skrywes en inligting wat een doel voor oë het – om jou geloof en jou verhouding met God te versterk.
 
Dit is my hoop en gebed dat die woorde van Johannes Calvyn by jou en my sal tuiskom...
 
“Words fail to explain how necessary prayer is, and in how many ways the exercise of prayer is profitable. It is therefore by the benefit of prayer that we reach those riches which are laid up for us with the heavenly Father.”
 
Geseënde week en ek sien uit om jou meer gereeld te sien hierdie maand.
Andrè


Kontak gerus vir my, of Ena indien ons jou kan bystaan in hierdie uitdagende tyd. Baie seën en sterkte.

andre@sagemeente.com of 078 4102 9307

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com

 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...