Jesus se openbarende transformasie. 


Lukas 9:28-36

Aan die einde van Jesus se openbare bediening, het hy drie van sy dissipels na die bokant van ‘n berg geneem. Ook hierdie gebeurtenis van Jesus gaan gepaard met gebed. Hy word verheerlik met ‘n hemelse glans, en Moses en Elia verskyn om met Jesus sy komende beproewing en sy in en uittog uit Jerusalem te bespreek. Hierdie twee profete was verteenwoordigend van die Ou Testamentiese geskrifte, en wil aandui dat Jesus die verwagte Messias is en dat God Sy Seun bystaan.

God verskyn in ‘n wolk (soos in Hand 1:9-10) en sê: Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom (9:35). Dit beteken –  Jesus moet gehoorsaam word en sy opdragte uitgevoer word, veral die oproep in die voorafgaande Lukas 9:23-27 – selfverloëning, kruisdra en navolging. 

Jesus was die lydende Redder wat deur God gestuur is, en erken word deur oud en jonk. Hy kom dien met outoriteit wat gestalte gevind het in selfverloëning, gebed, kruisdra en die uitvoering van God se wil.

Ons word opgeroep om in Christus se voetspore te volg. God bevestig aan jou dat Hy jou bystaan en dat jy toegang het tot Hom in gebed. 

Hoe gereed is jy om saam met Christus na Golgota te stap?

Ons tema vir Maart is Lydenstyd. Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie. Luister hier na die preek.

Seënwense,
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...