Die kleur van vergifnis

 Teks: Psalm 51; Matteus 5:1-16
 
Dié Psalm is die produk van Dawid se berou oor sy sonde. Sy diepste wens is dat die Here sy sonde sal vergewe. Die Here moet sy lewe rigting gee en hom weer standvastig maak. Slegs die nabyheid van God se Gees sal hom herskep en opnuut verloste blydskap skenk. Dawid glo dat die Here in sy troue liefde, sy sonde sal vergewe. (Dr Annes Nel)
 
God kyk deur ons sonde na ons harte en geloof. Ons belydenis en berou se effektiwiteit is die gevolg van God se genade. Ons lewe kry sin wanneer ons saam Jesus by die kruis arriveer met ons sonde en tekortkominge. Op grond van Jesus Christus se kruisdood vergewe God ons sonde en skenk Hy ons ‘n nuwe begin.
 
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry.
 
Mag jy God se kleur in jou lewe raaksien en koester.
 
Gebed:  Here, ek kyk op na U hemel en sien U Lig. Ek aanvaar U hoop vir my. Ek hou aan U hulp vas. U is my Redder en enigste Troos. Verlig my lewe en lei my op U pad. Amen.
 
Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...