God se kleurpalet,

 
Sir Isaac Newton het ontdek dat wanneer ons wit lig deur ‘n prisma skyn, dit opbreek in ‘n reënboog van kleure. ‘n Skakering van verskillende kleure en eienskappe wat saam ‘n wit ligstraal vorm wat ons wêreld duideliker maak. God se kleurpalet vir Christene in lewe en geloof is ryk en lewendig. Dit weerspieël Sy oneindige kreatiwiteit en liefde. God se kerk en ons gemeente se samestelling is soortgelyk – ‘n skakering en verskeidenheid wat saam die lig, sout en liefde in hierdie wêreld is.
 
In Februarie het jy die mense in jou omgewing en/of portuurgroep by die erediens ontmoet. In Maart gaan ons gemeente saam met die mense van ons omgewing en/of portuurgroep kuier om God se kleurpalet te vier. Ek hoop werklik dat jy sal inskakel by jou Omgee-groep se kuier-geleentheid oppad na Paasfees. Die groepleiers sal oor die volgende weke kontak maak, en die geleentheid reël, hetsy dit ‘n fisiese kuier en of dit ‘n aanlyn oproep is om mee te begin.
 
Sondag is Moedersdag.

        Dankie Mamma,
       Dat Mamma:
se hart 'n lappiesland van liefde is,
 ons hande net vir 'n rukkie vas hou, maar ons harte vir ewig,
se lippe God se Woorde spreek,
 in die onmoontlike glo,
ons veilige hawe  in die lewe se storms is,
Dat Mamma, Mamma is!

 
Geseënde en kleurvolle Maart!  Sien jou by die erediens.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...