Feite en Gevoel

 
Ons menslike bestaan word soveel keer gevul en geraak deur emosie. Soms is ons geneig om soveel op ons gevoelens te fokus dat ons van die feite vergeet. Dit kan van toepassing wees op ons verhoudings, huwelik, ouerskap of selfs ons geloof in God. Hoe moet ons dink oor die verhouding tussen ons emosies, gevoelens, logika, denke en geloof. Die volgende gedig verwoord iets hiervan:

Three men were walking on a wall,
Feeling, Faith and Fact,
When Feeling got an awful fall,
And Faith was taken back.
So close was Faith to Feeling,
He stumbled and fell too,
But Fact remained,
And pulled Faith back
And Faith brought feeling too.

~Author Unknown

 
Maak nie saak hoe ons voel nie, die feite van die heelal verander nooit. Die grote skepping getuig en verkondig in elke detail die bestaan en grootheid van God as Opperwese. Die feite rondom die bestaan van die historiese Jesus se lewe (wat uit soveel oorde gedokumenteer is), insluitende Sy opstanding, het die geskiedenis en wêreld waarin ons vandag leef gevorm. Geloof en feite loop hand-in-hand.
Glo jy dit, of laat jy toe dat jou tydelike emosies jou geloof beïnvloed?

Jou Skepper het jou so lief, dat Hy Sy wêreld met jou wil deel. Jou Skepper het jou so lief, Hy het self 'n mens geword, om onskuldig te sterf en weer op te staan, ??om jou te red van ewige lyding en dood. Jy en ek en elke gelowige deel in die ewige Lewe deur ons geloof in die feite van die Waarheid, eerder as ons emosies en gevoelens.
 
Wat ons met ons geloofsoë in hierdie lewe sien, is net so werklik soos God se skepping wat ons met ons fisiese oë sien. Dit vul ons met emosies van vrede, vreugde, liefde en hoop in die wete dat God se genade, vergifnis, liefde en getrouheid feite is in ons lewe.

Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...