Gesinne wat God se stem ken

Teks:  Josua 24:15
“…kies dan vandag wie julle wil dien…Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
 
In Josua 24 lees ons hoe Josua God se saak voor die volk stel. Hy lê bloot die feite van God se verhouding en voorsiening voor hulle neer. Dan, sonder om op hulle antwoord te wag, maak hy duidelik watter besluit hy en sy familie vooraf geneem het. Josua se belydenis het ‘n radikale impak op sy persoon, leierskap, lewensverhaal, uitkyk, familie, nageslag en hulle verhouding met God. Josua se besluit het ‘n direkte invloed op die volk.
 
Wanneer ek hierdie verhaal lees, sien ek dit afspeel rondom ons. As gelowiges staan ons vandag voor dieselfde keuse – Ken ons God? Wie dien ons? Ons besluit het ‘n radikale impak op ons lewens-uitkyk, vandag en elke dag daarna. Ons antwoord en verbintenis rig ons gesin en nageslag, en bepaal ons bestemming. Ons keuse het ‘n direkte impak op God se kerk.
 
Ons gemeente-familie kies om die Here te dien. Oor die volgende jaar wil ons, jou en jou huis toerus en versterk om God te ken en Sy stem te hoor vir julle lewe. Ons eredienste is ons primêre geleentheid.

Daar is nou 'n nuwe geleentheid waarby die Tieners (11-14 jaar en 15-18jaar) betrokke kan raak. Daar is reeds 'n uitnodiging na die Tieners se Ouers gestuur waar die jong mense by die groepe kan inskakel. Op die groepe is daar weeklikse persoonlike-stukke (op WhatsApp), kategese-en-omgee kuiers Sondae tydens die erediens (waarby jou kinders reeds betrokke is), en Sondae aande se geestelike-gesprekke aanlyn (deur die Dominees gefassiliteer). 

Dit is my wens en gebed, dat jy en jou gesin vandag die keuse sal maak om saam ons...saam jou gemeente hierdie besluit te neem.
 
Indien jy enige vrae het, kontak gerus vir my of Helena. Ek sien uit om saam met jou die Here te dien.

Seënwense,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...