Waar behoort jy?

 
Teks: Matteus 22:37
“‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. ”
  
Almal smag inherent daarna om “te behoort”. Dit is een van die mees menslike behoeftes en begeertes. Daarom doen ons baie om In te pas by die omgewing en groep(e) waarmee ons geassosieer wil wees. Dit geld vir huwelike, gesinne, familie en vriende, asook werksomgewings. Dit is natuurlik en menslik om jou plekkie in die lewe te wil vind en deur die regte mense omring te word.
 
Wanneer ons In-pas is met iets of iemand, verstaan ons beter, deel ons meer en is ons meer doelgerig. Die Bybel leer ons meer hiervan. Meeste beelde wat die mens se verhouding met God beskryf, illustreer dat ons in pas moet wees met God. Dit verkry ons deur aan Jesus Christus te behoort met jou hele hart, verstand en krag.
 
Om In-Pas met Christus te leef is besonders en uniek. Dit is om te behoort ten spyte van ons foute en tekortkominge. Dit is omdat God jou ken. Waar jy ookal 'inpas' in hierdie wêreld en lewe, God wil steeds hê jy moet 'In pas' met Hom leef, want dit is waar jy behoort.
 
Geseënde Week
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...