Volledig IN diens.

 
Om ‘n Christen te wees is om voltyds en volledig in Jesus se diens te wees. Ons moet reg wees vir die ooglopende en vir die onverwagse van die lewe. Wanneer ons Jesus aanvaar gee ons, ons hele wese en lewe in dankbaarheid vir sy vergifnis en verlossende liefde. Daarom staan ons in Sy diens teenoor ons families, kollegas en mense wat Hy oor ons pad bring; en bid ons vir elkeen van ons mede-gelowiges wat in Sy diens is.
 
Om in diens van Christus te wees, is om in diens van liefde te staan. Soms is dit harde werk, en moet ons onthou dat dit voortspruit uit ons liefde vir Hom en sy kinders. Om te doen en te dien in liefde, is nie iets wat ons deeltyds kan beoefen nie, maar verg ‘n sekerheid en oortuiging wat geanker word in ons geloof in Jesus ons Here.
 
Gebed:
Here God, dankie vir dit wat U Seun vir my kom doen het. Jesus, my Here, ek wy op nuut my lewe aan U. Laat U Gees my lewe lei en rig in U diens. Amen.

Geseënde Week
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...