Harvest Festival.


Teks: Markus 12:41-44
43 Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.
 
Oktober is sinoniem met “Harvest Festival”. Die Oesfees is vroeër op 1 Augustus gevier  en is  Lammas genoem. Tydens die fees het boere vars brode van die nuwe koring-oes gemaak en dit aan hul plaaslike kerk gegee, waar dit dan tydens 'n spesiale dankdiens as nagmaal-brood gebruik is. In 1843 het Rev Robert Hawker by sy gemeente in Morwenstow,  Cornwall die tradisie begin van ‘n Harvest service – ‘n Oes-dankseggingsdiens waarin mense God kon dank vir die oes en Sy voorsiening.
 
Alhoewel Harvest Festival nie uitsluitlik ‘n Christelike fees is nie, word die gebruik om te gee en te deel tydens oestyd in die Bybel gevind. Die Jode sou jaarliks 'n tiende van die oes aan God gee (sien Levitikus 27:30) as dankoffer. Dit is ook die grondslag vir ons dankoffers en diensbaarheid.  Baie Christene kies om 'n tiende (10% of meer) te gee van hulle oes – die geld wat hulle verdien; voorspoed wat hulle ervaar; tyd en gawes wat hulle het om in diens van God te staan – as dankoffer vir Sy voorsiening en seën.
 
As gelowiges is ons in diens van God. Ons dien Hom op verskeie maniere. Ons dankoffers is so ‘n geleentheid om op ‘n praktiese manier vir Hom dankie te sê. 
 
Gebed:
Dankie Here vir alles wat U aan my voorsien. Laat my lewens bydrae, U koninkryk bou tot U eer. Amen.
Seënwense,
André



 
Geseënde week,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...