In Balans met tyd.


Teks: Prediker 3:1-13

Vir alles is daar 'n vasgestelde tyd; daar is 'n tyd vir elke saak onder die hemel: …Dit is 'n gawe van God.

Die definisie van balans is 'n situasie waarin verskillende elemente gelyk of in die regte verhouding met mekaar is, in 'n harmonie of ewewig; dit is waar daar 'n eweredige verdeling van gewig is om iemand of iets in staat te stel om regop en bestendig te bly; dit is ook om die waarde van een ding met ‘n ander te vergelyk.
 

Ons poog daagliks om al die elemente van ons lewe te balanseer. Ons doen dit deur genoegsame tyd aan elke faset of element te gee, sonder om sekere sake of mense oor te beklemtoon en ander af te skeep. Die gevolg is dat ons sake teenoor mekaar opweeg – werk of kuier; familie en vriende; dag en nag; eet en drink; sit of staan; oefen of rus; reg of verkeerd; vraag en antwoord; ja of nee; lewe en sterwe. Waarop moet ek en jy dan fokus?

 
Die Bybel praat nie oor balans as sulks nie. Dit gee egter aan ons God se nodige riglyne om op die regte sake te fokus en hoe ons dit kan aanpak. Prediker 3 beskryf hoe God elke ding in sy bepaalde tyd (tydstip) laat pas, waaroor ons as mens geen beheer oor het nie. Al wat ons kan doen, is om dit as gawe van God te aanvaar en te leef. Om elke dag positief en volkome te leef asof dit ons laaste oomblik is, het groot betekenis vir jou, ander mense en jou verhouding met jou Here.
 

C.S. Lewis beskryf dit so mooi – “Relying on God has to begin all over again every day as if nothing has yet been done.”
 
Veilig reis vir nou en sien gou weer.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...