Die Woord wat Lewe.

Teks: Johannes 1:1-18
Tema:  Die Woord wat Lewe
  
Johannes skryf: “Die Woord het vlees geword en onder ons kom wandel…in Hom was daar lewe…en die lewe was die lig vir die mense”.
 
Dit is duidelik dat Johannes die konneksie maak tussen die Woord wat van die begin af saam God was en die kind Jesus wat in Betlehem gebore is. Meer nog het Hy onder mense kom woon en wandel. Die woord wat Johannes gebruik om hierdie wandel te beskryf, word in die Ou Testament gebruik om die “teenwoordigheid van God in die tabernakel” te beskryf.
 
Jesus het die Woord en teenwoordigheid van God na die mense gebring. Hy het mense ook kom leer en lei om aan hulle die Lig van die Lewe te gee, sodat niemand wat glo verlore sal gaan nie.
 
Mag jy jou weë in Sy Woord vind tot in lengte van dae.
 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...