Die Woord se Persoon

Teks: Johannes 1:1-18

Johannes skryf in vers 1b: “...en die Woord was by God.” en in 1c: “...en die Woord was God.
 
Die Woord is 'n persoonlike wese. Die Woord en God is twee verskillende wesens.

Die Woord was in die begin by God teenwoordig. Daar was 'n verhouding tussen die Woord en God. Johannes maak 'n onderskeid tussen twee wesens, maar bevestig die Godheid van die Woord, wat identies is aan die Godheid van die Vader.

J. I. Packer stel dit soos volg in sy boek Knowing God:
"The power that fulfills God’s purposes is the power of a distinct personal being, one who stands in an eternal relation to God of active fellowship (this is what the phrase means). "

Dit is deel van die misterie van die eenheid binne die Godheid van ons almagtige Skepper.
 
Geseënde week.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...