Wat bid ons?


Teks: Matteus 6:9-13; Handelinge 1:14; Lukas 11:1-13
 
In Matteus 6:9-13 leer Jesus die dissipels hoe hulle moet bid. Jesus waarsku dat die dissipels nie soos skynheiliges moet wees, of ‘n stortvloed van woorde moet gebruik nie. Hulle moet eerder daarop fokus om ‘n intieme gesprek met God te hê. Jesus leer ons en die die dissipels om te bid, ook in watter gesindheid ons moet vra wanneer ons bid, en wat ons verwagtinge moet wees wanneer ons vra. Dan leer Hy vir hulle - en vir ons- die Onse Vader gebed.
 
Ons gebede moet, soos Jesus die dissipels geleer het, begin met lofprysing aan God. Ons gebede moet God se soewereiniteit en mag erken. Ons gebede moet ons dankbaarheid en afhanklik van God se liefde en genade verwoord. Laastens moet ons met volharding en afwagting bid (Handelinge 1:14), en bereid wees om te wag vir God se antwoord.
 
Gebed:

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
Aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.

 
Geseënde week.
 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...