Wanneer bid ons?


Teks: Esra 8:21-36; Spreuke 3:5-6
 
Gebed is ‘n integrale deel van elke gelowige se lewe. Jesus leer Sy dissipels die waarde van gebed, selfs in Sy uur van nood. Reg deur die Nuwe Testament lees ek en jy hoe gebed gelowiges versterk het op hulle geloofsreis, veral met die onsekerhede wat hulle in die gesig gestaar het.
 
By die Ahawarivier roep Esra en die volk na God om hulle te beskerm op hulle tog uit Babel, terug na Jerusalem, waar hulle die tempel moes toerus in diens van God. Hulle vra nie om hulp en beskerming van die koning nie, want hulle vertrou op God! Vir Esra is die hand van die Here simbool van God se leiding, krag, beskerming en geborgenheid. Met hul aankoms getuig hulle: Ons God het Sy hand oor ons gehou en ons nie in die mag laat val van vyande en rowers nie.
 
Ons lewens is gevul met onsekerheid en uitdagings. Ons moet in geloof opnuut God se hand in ons lewens raaksien. In en deur Jesus Christus kry ons die versekering dat God Sy hand na ons uitstrek. Daarom leef ek en jy met die sekerheid dat Hy ons nader trek.
 
Soos Esra eers bid voor hy en die volk die moeilike pad aanpak, moet ons bid voor ons die pad aanpak. Soos Jesus bid in Sy uur van nood, moet ons ook bid wanneer die pad te moeilik raak. Wanneer ons Hom in gebed ken, in al ons weë, sal ons paaie meer gelyk daarna uitsien.
 
Gebed:
Here almagtige Vader, dankie vir U hand van beskerming en krag. Lei my in elke oomblik op U pad.
Amen.
 
Geseënde week.
 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...