Waaruit bestaan geloof?


Waaruit bestaan geloof? As mense wil ons meer geloof hê, sodat ons die goeie stryd kan stry, en die wedloop kan voltooi. Ons wil in die lig wandel te midde van ons omstandighede. Oswald Chambers skryf: "Die wortel van geloof is die kennis van ’n Persoon."
 
Ons groei in geloof deur ’n Persoon te leer ken; daardie Persoon is Jesus Christus, die Seun  van die lewende God. Om geloof te ontwikkel, is nie iets wat onmiddellik gebeur nie. Dit gebeur oor ‘n tydperk of leeftyd, deur te luister en te handel na die wil van ons Here.
 
Jakobus 2 verduidelik dat Abraham ’n man was, wat geloof gehad het. "Die Skrif is vervul  wat sê: En Abraham het God geglo, en  dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n    vriend van God genoem”. Dawid was 'n man na God se hart. Alles omdat hulle God geken het; tot Hom gebid het; Hom vertrou het.
 
Hoe sien my en jou kennis en verhouding met Jesus Christus daarna uit? Wat sê God vandag vir jou, en wat hou jou terug? As jy God ken, sal jy Hom vertrou. Dit is so eenvoudig en so gekompliseerd soos dit. Jy kan nie iemand vertrou wat jy nie ken nie — die vraag is hoe goed ken jy Hom?
 
My Vader, ek  wil U beter leer ken; dit is die gebed en die begeerte van my hart. Ek wil U ken soos Abraham U geken het, en ek  wil U ook met my hele hart volg en vertrou.
Amen.
(Gedeeltelike erkenning  Angus Buchan)
 
Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...