Ongelowiges weet Wie Jesus is.

TEKS:  Markus 15:33-41
 
Wanneer die Romeinse Centurio (offisier wat bevel voer oor 100 soldate) sê: “Waarlik hierdie man was die Seun van God!”, is dit geen geringe getuienis nie. Hierdie bevelvoerder was op versoek van Pilatus, opaandrang van die Joodse Raad (wat gestaan en toekyk het), voor die gekruisigde Jesus wanneer hy Hom sy laaste asem só sien uitblaas. Wanneer hierdie soldaat (wat die keiser gesien het as die seun van die gode) sien hoe Jesus sterf, is dit genoeg om hom te oortuig en tot belydenis en geloof te bring.
 
Soos God Hom geopenbaar het aan die Wyse manne, die herders, dissipels, die vroue en die gelowige volgelinge van Jesus, so openbaar Hy Hom ook aan die heidense Romein. Jesus se kruisdood en opstanding maak aan die wêreld bekend dat Jesus die Seun van God is. Nou kan ook ongelowiges, wat Jesus nie ken of wil ken nie, weet wie Jesus is soos dit aan hulle geopenbaar is.
(gedeeltelike erkenning aan Prof HG van der Westhuizen)
 
Gebed: 
Here,  
Laat ons lewens getuig en bely: Jesus is die Seun van God! My Here het waarlik opgestaan!
Amen.

 Andrè


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...