IN Liefde. 

Op verskeie plekke in die Bybel lees ons van God se emosionele betrokkenheid by Sy kinders. God sien (Genesis 1); hoor (Eksodus 3); voel jaloers (Eksodus 20, Joel 2) en jammer (Genesis 6, Joël 2); is verlig en verheug (Sefanja 3); barmhartig en genadig (Jakobus 5). In 1 Johannes 4 lees ons dat God die Bron van Liefde is. Dit is hierdie liefde waarin ons sien en verstaan dat God relasioneel is.
 
God se relasionele aard is belangrik vir my en jou as gelowiges. In voorbidding en gebed is ons hoop op God se genade. In ons seer, swaar en lyding is ons afhanklik van God se verstaan en verlossing. In ons gelowige lewensreis is ons leiding die voetspore van Sy Seun en die stem van Sy Gees.
 
God se verbintenis aan jou het betekenis vir elke verhouding in jou lewe. Wanneer ons na ander kyk deur ons verhouding met God, sien ons hulle in ‘n nuwe Lig. Mag jy in elke verhouding God se Lig gebruik en wees.
 
Groete
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...