Die Begin.

Teks: Handelinge 1:1-11
 
Die ware Kersseisoen begin op Kersdag self. 25 Desember is die amptelike begin van die 12 dae van Kersfees. Die 12 dae van Kersfees is die tydperk in Christelike teologie wat verwys na die tyd tussen die geboorte van Christus en die koms van die Magi, die drie wyse manne. Dit begin op 25 Desember (Kersfees) en duur tot 6 Januarie (die Epifanie). Epifanie staan ook bekend as Drie Koningsdag – ’n Christelike fees, wat op 6 Januarie begin.
 
In die begin van ‘n Nuwe Jaar is dit belangrik om die waarheid van Kersfees voort te dra.
Ons durf nie net vir ‘n moment stilstaan by die Kind en die krip nie. Die geboorte van Jesus is nie die afsluiting van ‘n lang verwagting nie, dit is eerder die begin van die vervulling van God se verlossing. Die vier Evangelies begin immers met die geboorte, vertel van die werke en woorde, en sluit af met die verhaal van die opstanding van Jesus Christus nadat Hy gely en gekruisig is ter wille van die sonde van die mens in die wêreld. Alles om die sondaarmens met God te versoen.
 
Aan die begin van Handelinge lees ons van Jesus se Hemelvaart. Hier begin die geskiedenis en opdrag van die Kerk wat nou wag op die wederkoms van ons Here. Die Heilige Gees word uitgestort om by ons te bly en in ons te woon. So word ‘n einde ‘n nuwe begin. (Ds JPJ Wagenaar)
 

Soos vir die Drie Wyse Manne, is die krip van die Kind net ‘n deel van ons reis. God se Lig en Gees lei ons steeds. Jesus se Woorde dra van begin tot einde betekenis: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
 
Voorspoedige en geseënde 2023!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...