Lig.

Teks: Efesiërs 3:14-20

 
Geloof is in baie opsigte soos ‘n geslypte diamant. Dit word geslyp en verfyn met verskeie kante en vele vlakke, tog bly dit dieselfde kosbare diamant.  Volgens Efesiërs is: 

die eerste kant, wat geloof van my vra, om my op God te verlaat;
die tweede aspek van geloof is opregtheid en gehoorsaamheid;
die derde vlak is ons lewenshouding en gesindheid – om biddend te leef.

 
Paulus bid vir die gemeente in Efese. Hy bid dat God:

die Gemeente innerlik sal versterk deur Sy Gees;
Christus deur geloof in hulle harte sal regeer;
hulle die omvang van God se liefde sal begryp.

 
Oor vier dae vier ons die Lig van God wat na die wêreld gekom het. Hierdie Lig van God wat deur Christus in die wêreld skyn, kan nie deur die duisternis uitgedoof word nie.
Die werklike waarde van ‘n diamant, lê in die betekenis daarvan vir die ontvanger. Ek bid dat jy:

sal besef hoe wyd en vêr en hoog en diep God se liefde vir jou is.
Sy Lig sal inneem en in jou lewe sal laat skyn.
Jou geloof en oortuiging in aanbidding op jou Kers-reis met ander sal deel.
 

Geseënde Kersfees!
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...