'Harvest Festival' 


Teks:

 17Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”
18“Bring dit vir My hier,” sê Hy.” (Matt 14:13-21)

 
Herfs is sinoniem met Harvest. Kerke, skole, 'foodbank organisasies', ouers en kinders dra sakke kos rond om aan ander te gee, as teken van hul “dankbaarheid” en omdat hulle wil gee uit hul “oorvloed”.
 
In die Evangelies lees ons hoe Jesus 5000 mense gevoed het. Johannes 6 vertel ons dat ‘n seuntjie 5 brode en 2 vissies gehad het. Dit is na Jesus gebring. Hy het daarvoor 'gedank' en dit het die skare gevoed...In oorvloed.
 
As Christene het ons ook nie altyd baie nie. Genadiglik ken ons God – Hy is die Een wat versorg en voorsien; die Een wat lief het en vergeef; wat sterf en wat red. As kinders van God is “Harvest Festival” ‘n geleentheid om opnuut op Hom te vertrou deur te bring en te gee wat ons het. Hy sal dit seën en ander daarmee voed.
 
Seënwense,
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...