Lewensreis.

 
 ‘n Tuiste bied aan ons standvastigheid en sekerheid. Wanneer ons skool verlaat, klaar gestudeer het en eindelik voltyds werk, is ‘n huis om in tuis te kom een van die eerste dinge waarna ons soek. ‘n Tuiste bied aan ons beskerming. In tye van onstuimige weer voel ons veilig in ons tuiste.
 
As Christene moet ons daarteen waak om ons fisiese woning te sien en te bou as ons tuiste. Frank Lloyd Wright het gesê baie ryk mense is niks meer as hekwagters van hulle besittings nie. Die Spreuke digter vat dit mooi saam as hy sê dat ‘n ryk man sy besittings as sy vestingstad sien, as ‘n hoë muur wat Hom beskerm.
 
Spreuke 18:10 sê: Die naam van die Here is ‘n sterk vesting: die regverdige vind daar skuiling. Ons is gelowige reisigers, pelgrims oppad na God. Ons is oppad na iets beters as hierdie wêreld en sy skatte. Ons ware tuiste is nie in ‘n plek of iets nie, maar is ‘n Persoon. God is die Een wat is, wat was en wat weer sal kom. In Hom alleen vind ons ‘n ewige sekerheid, standvastigheid en beskerming.

                                          (gedeeltelike erkenning aan Dr Annes Nel)


Gebed: 

Here God, by U alleen is ek tuis.
 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...