Aardse reis; Hemelse tuis
As gelowiges, is ons reis hier op aarde doelgerig – om by God tuis te kom. Soms gaan dit goed en maklik. Ander kere voel dit of ons magteloos veg teen die golwe en winde van die oseaan.
Daarom sê Rick Warren:
Christ-likeness is your eventual destination, but your journey will last a lifetime.
Elke dag is ‘n geleentheid om nader aan God te reis; meer soos Christus te wees. Dit hou ons reis op koers om tuis te kom by God; by Sy feesmaal aan te sit; en die hemelse Koninkryk te betree.
Sien jou Sondag by die Kerk.
Andrè
Gebed:
Here God, lei my op elke tree van my lewenspad, tot eer van U Naam, om eendag in U huis tuis te kom . Amen.
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|