Pinkster

Teks: Handelinge 2:1-14 en Efesiërs 1:3-14
 
God herinner ons gereeld deur die boodskap van die Bybel dat God ons Sy kinders noem; dat ons Sy erfgename is; dat ons aan Hom behoort. In Efesiërs 1:13 lees ons dat ons deur Christus se waarheid en ons geloof in Hom, deel geword het van God se volk.
 
Die afgelope Sondag het ons Pinkster gevier – die uitstorting van die Heilige Gees op Christus se volgelinge. Efesiërs verduidelik verder, dat die Heilige Gees ons beseël as God se eiendom. Deur die Gees van God bevestig Hy aan elkeen wat in Hom glo dat Hy hul Vader is, hul beskerm en hul aan Hom verbind is tot in lengte van dae.
 
Wanneer ons glo, gee God sy “seël en merk” aan ons, naamlik die Heilige Gees. Die Gees versterk ons, sodat ander rondom ons God se Gees in ons lewens kan herken. Hy gee ook die versekering van God se liefde, vergifnis en redding; en Sy beskerming teen die aanslae van die Bose. Hierin lê ons ewige troos in lewe en dood.
 
Leef dankbaar en vol lof onder die vaandel van die Heilige Gees!
 
Geseënde week,
André
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...