Krag van die Opstanding. 


Na 40 dae se reis, volg en refleksie oor die lewe van ons Here Jesus het ons voor ‘n kruis gaan staan. Na 3 dae se intense bekommernis en wonder oor die sin van dit alles, staan ons voor ‘n oop graf. Vandag is ons oppad “huis toe” met nog ‘n vraag: Wat nou?
 
In Lukas 24 lees ons van twee van Jesus se volgelinge wat weg is van Jerusalem. Hulle is oppad na Emmaus, en hulle worstel met dieselfde vrae. Dan verskyn ‘n “reisiger” aan hulle wat alles aan hulle uitlê. Hulle herken nie vir Jesus wanneer Hy aan hulle die Ou Testamentiese geskrifte oor God se verlossing verduidelik nie. Jesus beskryf die verwagte Messias (Jesaja 53) en hoe God se plan anders daarna uitsien as wat die mens se verwagting is. Dan begryp hulle vir die eerste keer – hulle verstaan nou dat dit juis die Messias se wonde is, wat genesing sal bring vir gelowiges se oortredings.
 
Die krag van die opstanding is anders as wat ons verwag. Die standvastigheid van God is die grondslag vir elke gelowige se lewe. So sal die dienaar van God soos 'n loot voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
 
Gebed: Here, dankie vir 40dae se ondersoek; vir U openbarings; vir U voortdurende gestalte in lyding en lewe. Amen.

Andrè

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...