Ons behoefte aan 'konneksie' met mense in ons lewe.

Teks: Luister, so sê die Here wat jou geskep het...wat jou gevorm het...:  Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)
 
Ons gesels baie maklik oor die weer, politiek en sport, maar skram meestal weg daarvan om sielsgesprekke te voer. Dit gebeur met vele verhoudings soos ons ouer word – my ouers, kinders, selfs my man of vrou, om nie eers te praat van ons kollegas of bure nie. Ons voer verskeie redes aan vir hierdie optrede wat wissel van “ek het nie nou tyd vir ‘n lang gesprek nie” tot “ek het nie nou krag om (weer) na iemand se swaar storie te luister nie”.

Intussen gaan waardevolle tyd saam verlore. Ons kollegas en bure gaan nie vir altyd daar wees nie. Ons ouers, kinders, eggenote en onsself se tyd word daagliks minder om betekenisvolle gesprekke deur te trap.
 
God het mense op ons lewenspad geplaas. Sommige mense maak inspraak op ons lewens; en ander kere roep Hy ons om tot hul te spreek. Mense smag na die aandag, tyd en liefde wat diegene naaste aan hulle kan bied. Ons verhoudings is aan ons toevertrou, nie net om ons te “pas” nie, maar vir ons om God te vergestalt daarin.
 
Kyk na almal rondom jou deur God se oë en sien hoe Hy hulle ook lief het.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...