Ons behoefte aan konneksie met mense in ons lewe.


Luister, so sê die Here wat jou geskep het...wat jou gevorm het...:  Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. (Jeremia 29:11 )
 
God wil net die beste vir jou hê. Hy wil hê jy moet geluk, vreugde en sukses ervaar. Hy wil hê jy moet jou talente en gawes gebruik om ‘n vol en volkome lewe te leef. Hy wil hê jy moet naby Hom leef en Sy wil ken vir jou lewensreis. Hy het Sy Seun gestuur om aan jou Sy ewige erfenis te kom openbaar.
 
Ons leef egter in ‘n onvolmaakte wêreld. Daar is verskeie faktore wat ons lewens beïnvloed. Ons maak voortdurend keuses uit ons eie vrye wil. Sekere patrone word herhaal. Ons verander van opinie, beroepe en selfs verhoudinge, soms ten goede, ander kere ten koste van onsself.
 
Jesaja se woorde word bevestig deur Jeremia. Jou hoop in die ewige lewe is verbind aan jou keuses en verhouding met God vandag. Dit is my en jou verantwoordelikheid om eienaarskap van ons keuses te neem en na God se Woord en wil te leef. Dit kan beteken om jou pyn te erken; om te vergeef; om jou seer en hartseer te laat gaan; om versoening aan te neem; om opnuut te werk aan jou verhouding met God en met jouself.
 
Kyk na jou lewe deur God se oë en sien hoe lief Hy jou het.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...