Nuwe Jaar Bates

 
Teks: Matteus 6:19-34
 
Ons wêreld en nuus word gedryf deur vooruitgang. Dit is kenmerkend van die tyd waarin ons leef dat die mens op wins en profyt ingestel is. 2022 het afgeskop met artikels van individue en maatskappye wat oor die afgelope twee jaar vooruitgegaan het. Op hierdie maatstaf blyk die kerk (en gelowiges) vêr agter te wees.
 
Maar die bate(s) van ons geloof lê op ‘n heel ander vlak. As gelowiges en mense by die kerk mekaar ‘n voorspoedige nuwe jaar toewens, het hulle iets totaal anders in gedagte:  Mag jy in Christus, voor God, geregverdig wees en jy ‘n erfgenaam van die ewige lewe wees. Hierdie oortuiging en geloof plaas ons wins en profyt op ‘n heel ander maatstaf soos Jesus dit opsom in Matteus 22:37-39:
“ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand...en... ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”
(gedeeltelike erkenning Ds Piet van der Merwe)
 
Geseënde week en sien jou Sondag by Huiskerk,
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...