In die Begin.

 
Teks: Genesis 1, Psalm 33:9, Johannes 1
 
In die begin het God die aarde geskape deur te praat en dit was so. Psalm 33:9 sê: "Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar. Die evangelie van Johannes skryf: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God." 
 
Daar lê ‘n hele lang stuk geskiedenis tussen die begin van Genesis en Johannes. Die paradys se begin het tot ‘n einde gekom en die aarde het ‘n harde tuiste geword gevul met geweld, rampe en onsekerheid. Die besonderse en wonderbaarlike is dat die Woord waarmee God in die begin geskape het, nie stil geword het nie. Daardie Woord het mens geword en tussen ons kom woon om ‘n nuwe lewe en begin te bring (Prof JP Oberholzer).
 
Johannes praat van lewe en lig; genade en waarheid. Hy praat van geloof en die reg om kinders van God te wees. Wanneer ons glo is dit die einde van ons lewe in die duisternis en die begin van ons reis in die Lig. Dit is die lig wat jou vernuwe deur die Gees en lei na jou bestemming en nuwe ewige lewe.
 
In die komende jaar is daar verskeie wonderlike aktiwiteite wat ons beplan – eredienste, kuiers, kampe (die “Big Chrurch Day Out”) en so meer. Hou ons e-posse dop en kom reis saam mekaar en God. Mag jy in 2022 nuut begin.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...