Kerstaal.

 
Die taal van Kersfees is uniek. Die woorde soos Kersboom, Engele, stal en krip gebruik ons meer as in enige ander tyd van die jaar. Die woorde wat die Kersverhaal inkleur is besonders en spesiaal. Die klanke van Koning, liefde, genade en vrede vul ons harte en huise. Dit infiltreer ons lewens en deursyfer ons harte sodat ons die ware waarde van die Boodskap besef. Gaan kyk gerus ons oordenking hieroor – Vrede Vrydag | Reis & Refleksie - Kerstaal
 
Dankie vir elkeen wat ons Kerssangdiens bygewoon het. Dit was besonders om weer ‘n geleentheid te kon hê om die Kersverhaal en -Boodskap opnuut te hoor. Ons het almal gemis wat nie daar kon wees nie. Ons hoop om jou by ons volgende erediens op 16 Januarie 2022 te sien. Na die diens gaan ons saam kuier by ons 'Muffin Madness' geleentheid.

Mag hierdie Advent en Kersfees ‘n geleentheid wees om God se Kersboodskap vir jouself te verwoord en deel te neem aan Jesus se verhaal vir jou lewe.
 
God het in jou ‘n welbehae
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...