Roepstem.


Teks: Matteus 11:28-29
"Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
 
Dit is alreeds weer November. Soos ons ouer word voel dit of die tyd verby vlieg – voor ek my weer kan kry is ons in November...aan die einde van nog ‘n jaar.
 
November roep ons op. Dit roep ons om te besin oor dit wat in hierdie jaar gebeur het. Dit roep ons om te dink oor alles wat nog moet gebeur voor die einde van die jaar. Dit roep ons om voor te berei vir Kersfees en die boodskap van Liefde wat die wêreld verander het.
 
God roep ons in hierdie tyd om opnuut sy stem te hoor. Sy stem klink anders as die van die wêreld. Hy roep ons om stil te word, in-stede van besiger. Hy roep ons huistoe – daar waar ons rus en vrede sal vind.
 
Mag jy rus, hoop en vrede vind in die aanloop tot Advent en Kersfees. Geseënde November. Ek sien uit om saam jou te luister en opnuut God se stem te hoor.

Andrè

 


 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...